TSK

TSK · Numbers 3:47

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: 'n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom--die sikkel is twintig gera--'n halfsikkel as offergawe aan die HERE.

En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees.

En sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

En die sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf en twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle 'n mine wees.