TSK

TSK · Numbers 35:25

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Neem dan die salfolie en giet dit op sy hoof en salf hom.

Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.

Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat 'n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.

en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Terwyl ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.

ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en 'n ewige verlossing teweeggebring.