En owerste oor die familie vir die geslagte van die Kehatiete moet wees Elísafan, die seun van Ussiël.
TSK
TSK · Numbers 4:4
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van al die gereedskap van die heiligdom, moet die seuns van Kehat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kehat moet dra van die tent van samekoms.
Dit sal die dienswerk van die geslagte van die Gersoniete wees by die diens en by die vervoer:
Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.
Dit is soos 'n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.