TSK

TSK · Numbers 8:2

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte--tewens die breedte van die stof--vyf el, net soos die behangsels van die voorhof.

die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie vir die kandelaar;

Noen. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.

Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie.

John 1:9 TSK

Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,

En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;