TSK

TSK · Numbers 9:22

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen.

En die kinders van Israel het dit gedoen; net soos die HERE Moses beveel het, so het hulle gedoen.

En so dikwels as die wolk van die tent af optrek, het die kinders van Israel daarna weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het die kinders van Israel laer opgeslaan--

Die HERE onse God het met ons by Horeb gespreek en gesê: Julle het lank genoeg by hierdie berg gebly.

Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.

U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.

En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon.

Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.