TSK

TSK · Numbers 9:5

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.

En die HERE het met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê:

So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.

En die kinders van Israel het dit gedoen; net soos die HERE Moses beveel het, so het hulle gedoen.

En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos die HERE Moses beveel het.

Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die HERE my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem.

En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen

Daarom, koning Agríppa, was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie,

Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.