John 16:22
TSK
Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.
soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julle roem is, net soos julle ook ons roem is in die dag van die Here Jesus.
Maar Hy wat die nederige troos, naamlik God, het ons getroos deur die koms van Titus;
Verder, my broeders, verbly julle in die Here. Dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, en dit gee julle sekerheid.
Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!