dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;
TSK
TSK · Proverbs 1:9
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad.
Verder het Ek jou met sierade versier en armbande aan jou hande gesit en 'n ketting om jou hals.
Maar ek het van jou gehoor dat jy uitlegginge kan gee en knope kan losmaak; as jy nou die skrif kan lees en sy uitlegging aan my bekend maak, sal jy met purper beklee word, en 'n goue ketting sal daar om jou hals wees, en jy sal as derde in rang in die koninkryk heers.
So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,