TSK

TSK · Proverbs 10:6

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe die koning uit die tuin van die paleis in die saal van die wynmaaltyd terugkom, en Haman juis op die rusbank neergeval het waar Ester op sit, sê die koning: Wil hy die koningin ook nog geweld aandoen by my in die huis? Die woord was nouliks uit die mond van die koning of hulle het die gesig van Haman bedek.

Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe.

Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.

Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.

Mag die Here aan die huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie;