TSK

TSK · Proverbs 2:18

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos 'n swaard aan weerskante skerp.

Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,

Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.

Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?

Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat 'n afgodedienaar is, 'n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.

Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.