TSK

TSK · Proverbs 21:24

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en voor hom nie neerval nie, was Haman met woede vervul.

Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?

Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.

Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.

Ons het gehoor van die trotsheid van Moab--hy is baie trots! --van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, sy onbehoorlike grootpratery.

Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.