TSK

TSK · Proverbs 24:14

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart.

Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.

Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare!

Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.