TSK

TSK · Proverbs 31:22

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentien honderd sikkels goud, behalwe die maantjies en die oorversiersels en purper klere wat die konings van Mídian gedra het, en behalwe die kettings wat aan die nekke van hulle kamele was.

En Mórdegai het van die koning weggegaan in 'n koninklike kleed van pers en wit, met 'n groot goue kroon op en 'n mantel van fyn linne en purperrooi stof, terwyl die stad Susan jubel en vrolik was.

Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;

Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,

En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.