TSK

TSK · Proverbs 4:18

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

is soos die môrelig by sonsopgang, 'n môre sonder wolke as deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die aarde uitkom.

Job 23:10 TSK

Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.

Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.

Die pad van die regverdige is gelyk; U maak die spoor van die regverdige gelyk.

Hosea 6:3 TSK

En laat ons ken--laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.

Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie;

sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;

En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.