Job 4:18
TSK
Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.
Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.
Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.
Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.