My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.
TSK
TSK · Psalms 40:2
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.
Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op 'n rots.
o God, hoor my smeking, luister na my gebed!
Maar ek- my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!
want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.
Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.
Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is.
Toe neem hulle Jeremia en gooi hom in die put van Malkía, die seun van die koning, wat in die voorhof van bewaking was; en hulle het Jeremia met toue laat afsak. En in die put was geen water nie, maar modder; en Jeremia het in die modder gesak.
Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.
Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.