TSK

TSK · Psalms 44:13

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En jy sal 'n voorwerp van verbasing, 'n spreekwoord en 'n spot wees onder al die volke waarheen die HERE jou sal wegvoer.

U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.

Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ek in my boesem dra die smaad van al die baie volke,

Want so sê die HERE: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.

Want was Israel vir jou nie 'n bespotting nie? Of is hy onder die diewe betrap, dat jy die hoof geskud het so dikwels as jy van hom gespreek het?