En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lê soos 'n leeuin en verskeur die arm, ja, die hoofskedel.
TSK
TSK · Psalms 7:2
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En u dienares het twee seuns gehad, en hulle twee het met mekaar geveg in die veld; en daar was niemand om hulle uitmekaar te maak nie, sodat die een die ander neergeslaan en hom gedood het.
Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;
'n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek.
Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.
Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!
Bring ek myself tot bedaring tot die môre--soos 'n leeu só verbreek Hy al my beendere; van dag tot nag gee U my prys.
Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.