Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
TSK
TSK · Romans 16:2
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En in Joppe was daar 'n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.
En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.
Groet Priscílla en Aquila, my medewerkers in Christus Jesus,
Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.
Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
Ontvang hom dan in die Here met alle blydskap en hou sulke manne in eer.
Aristárchus, my medegevangene, groet julle; en Markus, die neef van Bárnabas, oor wie julle bevele ontvang het--as hy by julle kom, ontvang hom--
Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in dié dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Éfese bewys het.
maar neem jy hom, dit is my eie hart, aan.
As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.