TSK

TSK · Romans 5:7

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar die manskappe het gesê: U mag nie uittrek nie, want as ons miskien vlug, sal hulle nie op ons ag gee nie; ja, al sterwe die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag gee nie, want u is soos tien duisend van ons. Dit is dan nou beter dat u ons van die stad uit te hulp kom.

En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.

Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene.