TSK

TSK · Romans 6:11

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.

Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.

want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.

vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.

Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.