TSK

TSK · Romans 8:5

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
John 3:6 TSK

Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.