En hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees, en julle moet dit as 'n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as 'n ewige insetting vier.
TSK
TSK · Zechariah 6:14
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die HERE gedurigdeur.
So het Moses en die priester Eleásar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die tent van samekoms gebring om die kinders van Israel voor die aangesig van die HERE in gedagtenis te bring.
Daarom spreek die HERE, die God van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor my aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die HERE: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.
Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.
En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.