Jy sal jou met 'n vrou verloof, maar 'n ander man sal haar skend; 'n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; 'n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.
TSK
TSK · Zephaniah 1:13
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.
Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot 'n wildernis,
En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet:
Verwoesting op verwoesting word uitgeroep, want die hele land is verwoes; skielik is my tente verwoes, my tentdoeke in 'n oomblik.
En Ek sal Jerusalem maak tot kliphope, 'n lêplek van jakkalse; en die stede van Juda sal Ek 'n woesteny maak, sonder inwoner.
Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land 'n woeste wildernis gemaak,
Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal 'n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van die HERE nie; hul siel sal hulle daarmee nie versadig of hul ingewande daarmee vul nie, want dit was die struikelblok tot hulle ongeregtigheid.
Daarom sal Ek die kwaadaardigste nasies laat kom, wat hulle huise in besit sal neem, en Ek sal die trots van die sterkes laat ophou, en hulle heiligdomme sal ontheilig word.
Daarom, omdat julle die arm man vertrap en van hom 'n heffing van koring neem, het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.
Jy sal saai, maar nie maai nie; jy sal olywe uittrap, maar jou nie met olie salf nie, en mos maak, maar geen wyn drink nie.