en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.
TSK
TSK · 1 Samuel 2:7
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
En Jehiskía het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe;
en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!
Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie....
Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,
Want 'n dag is daar vir die HERE van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;
En al die bome van die veld sal weet dat Ek, die HERE, die hoë boom verneder, die nederige boom verhoog het; die groen boom laat verdroog en die droë boom laat bloei het. Ek, die HERE, het dit gespreek en gedoen.
Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.