TSK

TSK · 2 Chronicles 10:4

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.

Juda en Israel was talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly.

Salomo het ook sewentig duisend draers en tagtig duisend klipkappers op die gebergte gehad,

U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.

Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;

Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.