TSK

TSK · 2 Chronicles 13:18

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Hy het op die HERE, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda ná hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie.

Toe trek Asa uit hom tegemoet, en hulle het die slagorde opgestel in die dal Sefáta by Marésa.

Was die Kusiete en die Libiërs nie 'n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het;

Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!

Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,

Nahum 1:7 TSK

Die HERE is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.