TSK

TSK · 2 Chronicles 16:11

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Profesie van Ahía, die Siloniet, en in die Gesigte van die siener Jedi oor Jeróbeam, die seun van Nebat?

En die verdere geskiedenis van Jósafat, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Jehu, die seun van Hanáni, wat opgeneem is in die Boek van die konings van Israel.

En die verdere geskiedenis van Ussía, die vroeëre en die latere, het die profeet Jesaja, die seun van Amos, beskrywe.

En die verdere geskiedenis van Jehiskía en sy vrome dade, kyk, dit is beskrywe in die Gesig van die profeet Jesaja, die seun van Amos, in die Boek van die konings van Juda en Israel.

sy geskiedenis dan, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.