TSK

TSK · 2 Chronicles 20:25

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis;

Die krygsmanne het elkeen na welgevalle buitgemaak.

Verder het Gídeon vir hulle gesê: Ek wil aan julle 'n versoek doen: Gee nou elkeen vir my die ring uit sy buit! Want hulle het goue ringe gedra, omdat hulle Ismaeliete was.

Toe sê hulle die een vir die ander: Ons doen nie reg nie. Hierdie dag is 'n dag van goeie boodskap, en ons bly stil! As ons vertoef tot die môrelig toe, dan sal ons skuldig staan. Kom dan nou, laat ons gaan en dit in die huis van die koning vertel.

Die Here het die woord laat hoor- die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare:

Kyk, dit kom en gebeur, spreek die Here HERE. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het.

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.