En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle 'n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.
TSK
TSK · 2 Chronicles 29:16
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
So het hy dan 'n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van die HERE daar neer te sit.
Verder het hy die Allerheiligste Vertrek gemaak; die lengte daarvan, voor op die breedte van die huis, was twintig el, en die breedte daarvan twintig el; en hy het dit oorgetrek met fyn goud, van ses honderd talente.
Ja, selfs het hy Máäga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asjéra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en stukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand.
En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.
Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word;