TSK

TSK · 2 Kings 21:18

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En hy is begrawe in sy graf, in die tuin van Ussa; en sy seun Josía het in sy plek koning geword.

Hy was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en het agt jaar in Jerusalem geregeer; en hy het heengegaan sonder dat hulle hom terug verlang het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar nie in die grafte van die konings nie.

En toe hulle van hom wegtrek--want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat--smee sy dienaars 'n sameswering teen hom vanweë die bloed van die seun van die priester Jójada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.

En Jehiskía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe teen die hoogte van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het hom eer bewys by sy dood; en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.

Met 'n eselsbegrafnis sal hy begrawe word--weggesleep en neergegooi ver van die poorte van Jerusalem af.