TSK

TSK · Acts 10:24

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.

In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal julle mekaar uitnooi onder die wingerdstok en onder die vyeboom.

En toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy 'n man met die naam van Matthéüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.

Luke 5:29 TSK

En Levi het 'n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was 'n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was.

John 1:41 TSK

Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.

Acts 8:40 TSK

Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.