TSK

TSK · Deuteronomy 12:5

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.

En as Moses in die tent van samekoms gegaan het om met Hom te spreek, het hy die stem met hom hoor spreek van die versoendeksel af wat op die ark van die Getuienis is, tussen die twee gérubs uit. So het Hy dan met hom gespreek.

Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring op elke plek wat jy sien nie.

En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die HERE jou God altyd te vrees.

En jy moet vir die HERE jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die HERE sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

Dan moet jy dit kook en eet op die plek wat die HERE jou God sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou tente gaan.

Sewe dae lank moet jy vir die HERE jou God fees hou op die plek wat die HERE sal uitkies; want die HERE jou God sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees.

En as 'n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele Israel waar hy as vreemdeling vertoef, en hy na hartelus kom na die plek wat die HERE sal uitkies,

as die hele Israel kom om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies, moet jy hierdie wet voor die hele Israel, voor hulle ore lees.

Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was.

En die HERE het sy woord vervul wat Hy gespreek het, sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos die HERE gespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van die HERE, die God van Israel,

sodat u oë oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gesê het: My Naam sal daar wees! sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.

En Rehábeam, die seun van Salomo, was koning in Juda; een en veertig jaar was Rehábeam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE verkies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.

En Dawid het gesê: Dit is die huis van die HERE God, en dit is die brandofferaltaar vir Israel.

maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen--al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.

Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.

So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?

John 4:20 TSK

Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.

gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,

Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,