TSK

TSK · Deuteronomy 2:11

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refaïete in Asterot-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van Kirjatáim

Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.

Waarheen moet ons optrek? Ons broers het ons hart laat versmelt deur te sê: Dit is 'n volk groter en hoër van gestalte as ons; die stede is groot en tot aan die hemel versterk; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.

En Jisbi-Benob wat uit die kinders van die Refaïete was--die gewig van sy spies was drie honderd sikkels koper in gewig, en hy was omgord met 'n nuwe swaard--het gedink om Dawid te verslaan.