TSK

TSK · Exodus 12:26

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En jy moet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.

Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.

As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat die HERE onse God julle beveel het?

Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê.

En hy het met die kinders van Israel gespreek en gesê: Wanneer julle kinders later hulle vaders vra en sê: Wat beteken hierdie klippe?

Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.

En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.