En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
TSK
TSK · Genesis 11:7
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.
Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.
En hulle het nie geweet dat Josef dit verstaan nie, want daar was 'n tolk tussen hulle.
Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;
Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.
Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
Kyk, Ek bring oor julle 'n nasie van ver af, o huis van Israel, spreek die HERE; 'n eeue-oue nasie is dit, 'n nasie van ouds af, 'n nasie waarvan jy die taal nie ken en jy nie verstaan wat hulle praat nie.
Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.