TSK

TSK · Genesis 2:24

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader?

Julle daarenteen wat die HERE julle God aangehang het, is vandag nog almal in die lewe.

maar die HERE julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.

Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.

Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.

Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit 'n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?

Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;

Of weet julle nie dat hy wat 'n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.

En aan die getroudes beveel ek--nie ek nie, maar die Here--dat die vrou nie van die man moet skei nie;

Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.