TSK

TSK · Genesis 49:16

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Toe het weggetrek die vaandel van die laer van Dan se kinders wat, volgens hulle leërafdelings, die agterhoede vir al die leërs was; en oor sy afdeling was Ahiëser, die seun van Ammísaddai.

En daar was 'n man uit Sórea, uit die geslag van die Daniete, met die naam van Manóag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.

En hy het Israel gerig in die dae van die Filistyne, twintig jaar lank.

Daarop gaan die kinders van Dan hulle koers, terwyl Miga, toe hy sien dat hulle sterker was as hy, omdraai en na sy huis teruggaan.