TSK

TSK · Isaiah 15:1

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Want 'n vuur het uitgegaan uit Hesbon, 'n vlam uit die vesting van Sihon; dit het Ar van die Moabiete verteer, die bewoners van die hoogtes van Arnon.

Daarna het hulle die stede verwoes en op elke goeie stuk grond elkeen sy klip gegooi, sodat dit daarvan vol was, en elke waterfontein toegestop en elke goeie boom omgekap, totdat hulle net in Kir-Haréset die klipmure daarvan laat oorbly het. Maar toe die slingeraars dit omsingel en beskiet,

Godspraak oor Babel wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het.

Ons het gehoor van die trotsheid van Moab--hy is baie trots! --van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, sy onbehoorlike grootpratery.

Daarom klaag my ingewande oor Moab soos 'n siter, en my binneste oor Kir-Heres.

oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die rand van hulle hare wegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.

So spreek die Here HERE: Omdat Moab en Seïr sê: Kyk, die huis van Juda is soos al die nasies--

Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou het teen sy grondgebied.