TSK

TSK · Isaiah 43:12

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

die HERE alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.

Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!

HERE onse God, verlos ons dan nou uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, HERE, dit alleen is.

Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is--voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.

Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;

Kyk, Ek het hom tot 'n getuie van die volke gemaak, tot 'n vors en 'n gebieder van die nasies.