TSK

TSK · Jeremiah 32:41

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit--as lote deur My geplant, 'n werk van my hande, tot my verheerliking.

Want soos 'n jonkman 'n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.

En in 'n ander oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit te bou en te plant;

En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek die HERE.

En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy die HERE ken.

Amos 9:15 TSK

En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, sê die HERE jou God.