TSK

TSK · Job 23:7

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع
Job 9:15 TSK

Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!

Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?

Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.