Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?
TSK
TSK · Job 25:4
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?
En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.
Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.
Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;
En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.