TSK

TSK · Job 31:7

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع
Job 9:30 TSK

Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,

Job 17:9 TSK

Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.

Job 27:5 TSK

Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.

HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,

Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.

Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie--

Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit--sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?

As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.