Verder sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het. As Jakob 'n vrou neem uit die dogters van Het, soos húlle is, uit die dogters van die land--waarvoor lewe ek dan?
TSK
TSK · Job 7:16
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;
Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!
Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees,
Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.
Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders.
So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.
Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, het my mishaag, omdat alles tevergeefs is en 'n gejaag na wind.
o HERE, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.