Maar my kneg Kaleb, omdat 'n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg--hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.
TSK
TSK · John 21:19
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.
En Hy sê: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.
En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.
sodat die woord van Jesus vervul sou word wat Hy gesê het om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.
volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.
omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het.