TSK

TSK · Joshua 13:30

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En die seuns van Magir, die seun van Manasse, het na Gílead gegaan en dit verower en die Amoriete verdrywe wat daarin was.

En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem; daar was geen vesting wat ons van hulle nie afgeneem het nie: sestig stede, die hele landstreek Argob, die koninkryk van Og in Basan.

En die orige deel van Gílead saam met die hele Basan, die koninkryk van Og, het ek aan die halwe stam van Manasse gegee--die hele landstreek Argob. Daardie hele Basan word land van die Refaïete genoem.

En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,

En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie en twintig stede in die land Gílead gehad.