TSK

TSK · Lamentations 3:59

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.

'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.

Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.

Maar ek was soos 'n mak lam wat hulle lei om te slag; en ek het nie geweet dat hulle planne teen my beraam het nie: Laat ons die boom met sy vrugte verwoes, en laat ons hom uitroei uit die land van die lewendes, sodat aan sy naam nie meer gedink word nie!

Wee my, my moeder, dat u my gebaar het--'n man van twis en'n man van stryd vir die hele land! Ek het nie uitgeleen nie, en hulle het nie aan my geleen nie; almal vloek my.

HERE, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was 'n belagging die hele dag, almal saam spot met my.

dat hulle 'n mens onregverdig behandel in sy regsaak--het die HERE dit nie gesien nie?

wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;