TSK

TSK · Luke 14:16

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,

En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei 'n maaltyd van vetspyse, 'n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.

En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos 'n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie.

Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het

Maar Hy antwoord hom: 'n Sekere man het 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.

En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.