Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE.
TSK
TSK · Mark 9:4
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.
En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.
En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.
Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.
En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.